Local newsNews

Motorongeluk: 1 Broer sterf, ander broer veg om sy lewe

'Bid asseblief vir ons,' vra seuns se pa.

 

Verdriet hang nog soos ‘n donker wolk oor Sasolburg en Vaalpark nadat twee bekende broers, Nicky en Michael Pretorius, Woendagaand in ‘n baie ernstige motorongeluk betrokke was.
Nicky (23) het Donderdagoggend aan sy beserings beswyk en Michael veg tans om sy lewe in ‘n Bloemfonteinse hospitaal.
Wyle Nicky was die bestuurder van The Bar With No Name in Vaalpark en baie bekend en geliefd in die Vaaldriehoek.

Die boeties se pa, mnr. Nicky Pretorius (senior), het gister gesê Michael se koors is kommerwekkend hoog.
“Bid asseblief vir ons kind,” vra hy.

Familie en vriende het vanoggend kranse en foto’s gaan plaas op die ongelukstoneel op die R57-roete langs die Eco Park.
* Vaalweekblad dra namens die Vaaldriehoekse gemeenskap ons innige simpatie oor aan Nicky Senior en Lena met die verlies van “klein” Nicky, en ons bid saam dat Michael sy stryd gaan wen en gesond gaan word.

Vaalweekblad is die afgelope dae in verbinding met die seuns se pa, wat ons op hoogte hou van Michael se toestand. Die gesin gaan tans deur ‘n verskrikilke moeilike tyd en Vaalweekblad wil hulle nie nou steur vir ekstra inligting nie. Ons sal later die week ‘n vollediger berig plaas.

Familie en vriende vanoggend op die ongelukstoneel tydens ‘n eerbetoon vir wyle Nicky Pretorius.
Familie en vriende het vanoggend kranse en foto’s gaan plaas op die ongelukstoneel op die R57-roete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button