Local newsNewsNews
Ysige koue belemmer vangste
ORANJEVILLE. - Met die oggend temperatuur onder vriespunt en digte mis oppad na die dam, was dit vir die hengelaars duidelik dat vangste moeilik gaan wees.
Die Hap en Kap Hengelklub van Sasolburg het sy maandkompetisie op 24 Junie by Moolmans se plaas, Vaaldam buite Oranjeville gehou.
Met aankoms by die oewer het die sonnetjie stadig sy kop uitgesteek. Die 19 hengelaars het dadelik besef dat afstand op die dag ‘n groot rol gaan speel in die yskoue water.
Aan die einde van die dag se hengel om 16:00, kon die hengelaars slegs 26 vis met ‘n gewig van 15,960 kg inweeg.
Die swaarste vis vir die dag was ‘n graskarp van 4,205 kg gevang deur Kit Taljaard. Hy was ook die senior wenner vir die dag.
Johan Pieters was die veterane wenner en Wihandré Burger die penkop wenner.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
