Local newsNewsNews

Koalisie met ANC? ‘Aikona!’ sê VF+

Die Vryheidsfront Plus se leier in Gauteng sê gerugte dat die VF+ in koalisie met die ANC in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is, is twak.

VANDERBIJLPARK. – Die EFF het in ‘n verklaring wat Dinsdag (4 Julie 2023) uitgereik is beweer dat rdl. Gerda Senekal van die Vryheidsfront Plus nou deel is van rdl. Sipho Radebe se burgemeesterskomitee.

Volgens die verklaring is sy aangestel as die burgemeesterskomiteelid vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

Dit is ook so berig deur plaaslike nuusmedia, maar volgens Mulder is dit eenvoudig van alle waarheid ontbloot.

Mulder sê Senekal is nie deel van die burgemeesterskomitee nie en sê die VF+ stel nie belang in ‘n koalisie met die ANC nie.

Mulder erken wel dat die VF+ ongeveer twee weke gelede met die ANC-leierskap in Emfuleni ontmoet het waartydens daar gepraat is oor die gebrek aan kundigheid van raadslede en veral lede van die burgemeesterskomitee.

Mulder sê hoewel dit nie vreemd is dat lede van opposisiepartye sekere stels in die ANC-regering beklee nie (soos Particia de Lille van Good wat tans die minister van publieke werke en infrastruktuur is of Mangosuthu Buthelezi van die Inkhata Vryheidsparty wat destyds minister van binnelandse sake was) sal die VF+ nooit in ‘n koalisie met die ANC tree nie.

Jaco Mulder, die Vryheidsfront Plus se provinsiale leier in Gauteng. Foto: Verskaf/VF+
Die EFF se verklaring waarin hulle beweer dat Gerda Senekal aangestel is as burgemeesterskomiteelid. Foto: Verskaf
Die EFF se verklaring waarin hulle beweer dat Gerda Senekal aangestel is as burgemeesterskomiteelid. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button