Local newsNews

Pa Nicky Pretorius gee hartroerend terugvoer oor Michael se toestand

Opdatering: So gaan dit nou met oorlewende Pretorius-broer

Dit gaan vandag heelwat beter met Michael Pretorius nadat daar die afgelope dae vir sy lewe gevrees is. Sy toestand is tans meer stabiel as gister. Die Pretorius-gesin sê baie dankie vir almal se gebede.

Michael en sy broer Nicky is verlede Woensdag baie ernstig in ‘n motorongeluk tussen Vaalpark en Sasolburg beseer. Nicky, het ongelukkig die volgende oggend aan sy beserings beswyk.

Michael is steeds nie heeltemal buite gevaar nie maar hy maak vordering. Dit lyk in hierdie stadium of sy voet dalk gered sal kan word. Daar is gister nog gevrees dat die voet geamputeer sal moet word. Tans lyk dit of net sy groottoon dalk afgesit sal moet word, maar niks is nog seker nie.

Die broers se pa, mnr. Nicky Pretorius senior, is al byna 20 jaar self ‘n paramedikus met baie insig in sy beseerde seun se toestand.  Luister hier na Pa Nicky se stempos wat hy vanoggend oor Michael se toestand gestuur het. (LET WEL, HY HET DIE BOODSKAP GEPLAAS KORT NADAT HY SY OORLEDE SEUN NICKY IN DIE LYKSHUIS MOES GAAN UITKEN. DIE STEMPOS IS PYNLIK EN EMOSIONEEL SOOS WAT MENS IN SULKE OMSTANDIGHEDE KAN VERWAG. DIT KAN SENSITIEWE MENSE ONTSTEL.)

Vaalweekblad sal mettertyd opdaterings en ‘n vollediger berig doen. Lees gister se berig hier:

Motorongeluk: 1 Broer sterf, ander broer veg om sy lewe

 

Back to top button