60 geseënde jare
Veels geluk aan Willem en Bella Martins wat vandag 60 jaar getroud is. Volledige storie in Vaalweekblad van 7 Julie.
VANDERBIJLPARK. – Willem en Bella Martins is 6 Julie 60 jaar getroud. Die egpaar bly al vir dekades in Vanderbijlpark en 57 jaar daarvan in dieselfde straat.
Willem het al die jare in die smeltery by die destydse Dorbyl/Vikor gewerk en na sy amptelike aftrede was hy vir jare faktotum by Laerskool Oospark.
Om 60 jaar getroud te wees is nie almal beskore nie. Wat is hul geheim? “Alles is net genade van Bo. Ons stel God eerste en begin elke oggend met stiltetyd,” is die antwoord.
Die familie het hul Sondag, 2 Julie so verras. “Ons dog nog ons gaan na ou motors kyk en toe ons by ‘n saal inloop, is die hele familie daar. Dit was nou regtig lekker,” straal hul weer van voor af.
Lees die volledige storie in Vaalweekblad van 7 Julie.
