Local newsNews

Midvaal sit verder skouer aan die wiel!

Raadsheer Phil Pretorius doen verslag oor die jongste aktiwiteite in dié spog-munisipaliteit

Deur Phil C. Pretorius, Raadsheer en Hoofsweep, Midvaal Munisipaliteit

Midvaal kan nie op sy louere gaan rus nie. Inteendeel het Midvaal, vandat RatingsAfrika hulle aangewys het as die MEES FINANSIEEL STANDHOUDENSTE MUNISIPALITEIT in SA (saam met Saldanha) en hul die negende agtereenvolgende skoon ouditverslag verdien het, net skouer aan die wiel gesit.

Waar het jy al gehoor van wolkbreuke in die Vaaldriehoek… in Junie? Wel in 2023 maak ons geskiedenis. Die paaie kry skaars tyd om uit te droog voor die volgende reënbui val. Maar die paaiespan staan reg en sodra die son sy kop uitsteek, is hulle aan die werk. Paaie word geskraap, slaggate gevul en nuwe paaie word gebou.

Om die agteruitgang te stuit en te verhoed dat hul bloot slaggate bly vul, word rehabilitasie ingestel in die vorm van volledige seksievervanging, herseël en oppervlakspuit (“fogspray”). Reeds is Papawerstraat, Caledonstraat, Baal Mullerstraat en Brakstraat in Riversdale, Gustav Preller- en JG Strydomstraat in Kookrus asook Railwaystraat in Noldick ten volle nuut geteer. Verder is daar begroot vir die volledige herstel van Bushy- en Johan le Rouxstraat. ‘n Totaal van 182 km se paaie is geskraap en Danie Theron-, Oranjerivier- , XYZ- en Limpopostraat se grondpaaie is totaal nuut oorgebou. Slaggate wat gevul is oor die afgelope paar maande het 5137.10m2 se oppervlakte beslaan. Hou gerus ons Facebookblad genaamd MIDVAAL SERVICE DELIVERY dop vir opdaterings en foto’s van die werk in Midvaal.

Op die blad sal u ook sien hoe die verkeersirkels onlangs oorgeverf is en die paaie skoongemaak word. 24 verkeerstekens is vervang, 43 padtekens reggemaak, 77 pale is geverf en 36 is vervang. ‘n Allemintige 132 interseksies is opgegradeer en oorgeverf en straatligte word herstel.

Al die ingange na die mini-vullisstortingsterreine (transfer stations) word geplavei en die onwettige stortings daar rondom word skoongemaak. Dit klink na ‘n vinnige werkie maar draai uit om ‘n gereelde oefening te wees. Mense stort sommer voor die hekke na ure en veral in oop erwe en parke wanneer hulle nie weet waarheen om vullis te neem nie. Soms is twee blokke verder bloot net te ver om te ry. Ongelukkig kos dit jou as belastingbetaler dan geld om by te dra tot die opruim van die wandade en dit bly ons as gemeenskap se plig om dit aan die kaak te stel. Meld gerus sulke gevalle aan by jou wyksraadslid of op die MyMidvaal-toepassing met bygaande fotos van voertuigregistrasienommers. Hewige boetes word opgelê en word gebruik om Midvaal skoon te hou.

Kom ons doen elk ons deel om Midvaal saam skoon en heel te hou want ons is almal TROTS MIDVAAL!

Trotse Midvaalgroete, Phil.

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App

Raadsheer Phil Pretorius

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button