NewsNews

Brand verwoes huis in Drie Riviere

'n Huis in Poplarstraat, Drie Riviere is Donderdagaand (6 Julie 2023) kort voor middernag in puin gelê toe 'n brand daar ontstaan het.

VEREENIGING. – Mohammed Khan, seun van die oorlede eienaar van die huis, sê het hy gisteraand in die tuin gestaan en rook toe hy vlamme binne die huis deur die venster gemerk het.

Khan vertel: “Toe ek by die kombuisdeur instap was daar rook orals.

“Ek het deure probeer afskop om te sien waar die rook vandaan kom.

“Ek het een deur afgeskop, maar die vlamme was net te groot en dit was net te warm.”

Volgens Khan het hy later in ‘n motorhuis op die erf skuiling gesoek nadat hy ontploffings gehoor het.

Khan bly in ‘n kamer in die huis wat aan sy oorlede ouers behoort het en huur die res van die kamers uit.

Daar het ‘n paartjie, sowel as ‘n ma en haar drie kinders in die huis gebly.

Die ma en een van haar kinders was nie by die huis toe die brand ontstaan het nie.

Al die inwoners kon betyds uit die vlammehel ontsnap.

Niemand is ernstig beseer nie, maar Khan sê hy het feitlik alles in die brand verloor.

Midvaal-brandweer het gehelp om die brand onder beheer te bring.

Die huis is in die brand verwoes. Foto: Christiaan Cloete
Mohammed Khan, seun van die oorlede eienaar van die huis wat Donderdagaand afgebrand het. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button