Local newsNewsNews
Misdaadvoorkomingsoperasie in Meyerton gehou
Die polisie het in die vroeë oggendure van Vrydag 7 Julie 2023 ‘n misdaadvoorkomingsoperasie in Meyerton gehou.
MEYERTON. – Meyerton se polisie, die reserviste, GPF, die stasiebevelvoerder, lt. kol. Elizabeth Hlasa, sowel as veiligheidsmaatskappye soos Beast Security, Red Ops, ADT en Afriguard het aan die operasie deelgeneem.
Voertuie is deursoek en sigbare polisiering is by sekere misdaadbrandpunte gedoen.
Volgens Rudolph de Wet, Meyerton se GPF-voorsitter, was die operasie ‘n sukses.
Hy het elke persoon en organisasie wat hande gevat het en tot die operasie se sukses bygedra het bedank.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
