Local newsNewsNews

Wiggle Waggle plesier by Stonehaven

Hier is van die dag se foto's, maar moenie Vrydag, 14 Julie se Vaalweekblad misloop nie, want daar gaan van die mooiste foto's verskyn en een van die gelukkige besoekers die dag gaan 'n lekker verrassing kry!

VANDERBIJLPARK. – Die Vereeniging/Vanderbijlpark Diere Beskerming Vereniging (DBV) se gewilde Wiggle Waggle-dag is gister (8 Julie) vir die eerste keer sedert Covid-19 in 2020 sulke funksies gekniehalter het, by Stonehaven on Vaal gehou.
Hoewel die Wiggle Waggle-dag nie so goed soos tydens vorige jare ondersteun was nie, was daar wel steeds ‘n groot aantal diereliefhebbers wat die dag saam met hul viervoetkinders daar geniet het.
Die DBV-personeel was veral beïndruk dat die “ouers” en hul “kinders” uit die staanspoor gereed was vir die uitstappie en boonop het almal aan die vereistes voldoen sodat al die deelnemers die uitstappie veilig kon geniet.
“Daar was voortdurend die geblaf van opgewonde honde. Ons weet nie wie het dit die meeste geniet nie, die honde of hul eienaars nie,” het een van die DBV-personeel na afloop van die uitstappie gesê.
Daarna kon die honde en hul eienaars lekker langs die Vaalrivier op Stonehaven se grasperk ontspan en verrigtinge geniet.
Vaalweekblad se fotograaf, Elsje Vermeulen, was ook daar om die gebeure vas te vang.
Kyk daar is die kamera. Gino Bordolo en Archie van Vanderbijlpark.
“Dis lekker om ‘n goeie baas te hê.” Een van Saterdag se besoekers.
“Moenie van my vergeet nie mamma”. Carla Jooste en Dylan Groenewald van Vanderbijlpark met hul “dierekinders”.
Alida de Klerk en Cheeky van Vanderbijlpark.
Misty hou verrigtinge dop vanuit pa Flip de Kok van Vaalpark se liefdevolle arms.
Een van die besoekers wat baie aandag getrek het met sy drie honde.
Hier staan die drie langs mekaar.
“Laat val tog nou ietsie mamma.”
Daar was geen tekort aan oulike brakkies nie!
Dylan Groenewald en Schatzi van Vanderbijlpark.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button