Local newsNewsNews

Hengelklub kap ‘n nuwe voorkoms vas

SASOLBURG. - Nee die dorp het nie 'n nuwe hengelklub bygekry nie ... dit is die bekende Hap en Kap Hengelklub wat met nuwe klubdrag spog!

Die hengelklub se bestuur en lede het onlangs besluit dit is tyd vir verandering. Na 27 jaar spog die klub nou met ‘n nuwe, moderne voorkoms, maar steeds in sy alombekende rooi, geel en swart kleure.

Die klub is in 1996 gestig en het as die SAPD Hap en Kap Hengelkub bekend gestaan. Die klub was oorspronklik gestig met die doel om varswaterhengel in die Noord Vrystaat te bevorder onder lede van die polisie.

Die eerste rooi T-hemp van destyds is in 2010 verander na die klubkleure wat tot nou toe deur lede en bestuur gedra was. Die klub het ook intussen oorgeskakel om as Hap en Kap Hengelklub bekend te staan.

Die klub het saam met die nuwe voorkoms ook die klubwapen verander soos op die hemp gesien kan word.

Die vorige klubdrag van die Hap en Kap Hengelklub.

Die klub is in 1999 by Vrystaat Varswater Hengel Vereniging geaffilieer wat meegebring het dat die klublede aan liga wedstryde, provinsiale wedstryde, asook aan die SA kampioenskappe kan deelneem.

Enige persoon wat belangstel om aan kompeterende hengel deel te neem, kan Leon Meyer by 083 7754 639 kontak vir verdere besonderhede.

Die Hap en Kap Hengelklub van Sasolburg se bestuur met hul spoggerige nuwe hemde. Agter van links is: Coenie Hamman, Johan Pieters, Hennie Greyling en Francois Jordaan (voorsitter). Voor staan Corrie en Kit Taljaard.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button