Local newsNewsNews
Kyk dit sneeu in Gauteng, en so amper in Meyerton ook
Kyk die beelmateriaal van sneeu naby Heidelberg en iets tussen kapok en ysreën wat in Meyerton uitgesak het.
Dis is ysig koud vandag in die Vaaldriehoek en oor die meeste dele van die land. Boonop het dit in sekere areas in Gauteng begin sneeu.
Die video van sneeu naby Heidelberg het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei, asook foto’s van sneeu in Alberton (sommer net hier op die Vaal se agterstoep).
Motoriste op die N3 het ook gestop om foto’s van die sneeu te neem by die De Hoek Toll Plaza.
Intussen het inwoners van Meyerton, Midvaal ook laat weet dat daar iets soos kapok/ysreën daar vir ‘n wyle uitgesak het. Dit het intussen opgehou maar die lug is yskoud!



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
