Local newsNews

Só het die Vaal vanoggend gebibber!

Die kwik daal plek-plek tot minus 7 grade

 

Inwoners van die Vaaldriehoek en omstreke het laasnag en vroeg vanoggend, 10 Julie, behoorlik gebibber nadat ‘n kouefront die gebied getref het.
Temperature van so laag as minus 3 grade is in Vanderbijlpark aangeteken.
Oewerbewoners van die gebied langs die Vaalrivier tussen Sasolburg en Vanderbijlpark rapporteer dat hulle minus 6 grade hier gemeet het.

Dit blyk dat omliggende plekke soos Deneysville nog kwaaier deurgeloop het. Die kwik het tot minus 7 in dié dorpie by die Vaaldam gedaal!
Verskeie inwoners het foto’s op Vaalweekblad se Facebook-groep geplaas van hul waterfonteintjies en voëltjiebakke wat verys het. Gebiede in die Suide van Johannesburg, Alberton en Heidelberg, het vanoggend met ‘n dun lagie sneeu of kapok gespog.

Sover Vaalweekblad kon vasstel, het die Vaaldriehoek laasnag die koudste temperature tot dusver hierdie winter aangeteken.

Een van Vaalweekblad se aanlyn-lesers, Frieda Muller, het hierdie tong-in-die-kies kommentaar gelewer: “Ek sit vanoggend voor die ‘heater’. As dit nog kouer word, sal ek hom moet aanskakel!”
(Frieda, met die huidige hoë kragtariewe beveel ons aan dat jy nog bietjie uithou tot ons by minus 10 uitkom!).

Natus Ferreira het dié foto van ‘n ysige R59 naby Swartkoppies geneem.
Alberton, wat digby die Vaaldriehoek lê, het vanoggend ‘n lagie sneeu gekry. Die foto is ingestuur deur Annelise van Zyl
René de Bruin van Vanderbijlpark het dié foto van die ysskerwe in haar fonteintjie ingestuur
Johan Viljoen van Deneyville het dié bewys ingestuur dat sy dorp se temperatuur laasnag tot minus 7 gedaal het!
Quinita Venter van Vaalpark se bevrore fonteintjie
Quanita Venter van Vaalpark se bevrore fonteintjie
Dié foto is ingestuur deur Cheriette Garner Taljaard van Meyerton
‘n Hart van ys! Ronnie Neethling Stapelberg van Fochville sê die koue het hul dorp ook deeglik getref.
Driena Viljoen van die plaas Welverdiend buite Meyerton sê hulle het vanoggend ligte sneeu of kapok op die plaas gehad
Willem van Wyk het dié foto vanoggend op die R59 naby Meyerton geneem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button