KYK: Bibberweer dryf hawelose man na substasie
'n Hawelose man van Vereeniging het Maandag (10 Julie 2023) skuiling teen die elemente gaan soek binne 'n elektriese substasie in Orwelrylaan.
VEREENIGING. – ‘n Koue front het die afgelope week landwyd tande ingeslaan en dit is veral hawelose gemeenskappe wat erg gebuk gegaan het onder die koue.
Inwoners van die buurt het gemerk dat die slot van die substasie afgebreek is.
By nadere ondersoek het hulle ‘n matras, klere en ander “huishoudelike” items binne die substasie gevind.
Die hawelose persoon is intussen gevra om te loop en die substasie is skoongemaak.
Buiten die gevaar wat dit vir die persoon inhou gaan inwoners van die buurt ook gebuk onder vandalisme van elektriese infrastruktuur, en ongelukkig kan dit nie geduld word nie.
Volgens rdl. Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, is dit ook aan Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se elektriese departement deurgegee.
Inwoners sou Dinsdag sélf ‘n nuwe slot opgesit het om die infrastruktuur te beveilig.


