Local newsNewsNews

100 jaar vandag!

Veels geluk aan Huis Meyerton se oudste inwoner met haar 100ste verjaardag.

MEYERTON. – Huis Meyerton hou vandag groot partytjie, want hul oudste inwoner vier vandag haar 100ste verjaardag.

Madge Holloway is op 12 Julie 1923 in Leeudoringstad gebore.

Sy was die tweede jongste van vyf kinders en sy en haar broer, Johannes het op een dag verjaar.

Tannie Madge na haar bederfuitstappie na die haarsalon. Foto: verskaf

“Dit was altyd vir my spesiaal dat ek en Toitjie (soos wat hul Johannes genoem het) op dieselfde dag verjaar,” onthou sy.

Tannie Madge sê sy voel glad nie of sy een honderd jaar oud is nie. “Die tyd het werklikwaar verby gevlieg.”

Sy was getroud met Fred en die egpaar het een seun gehad wat op 21 in ʼn motorongeluk oorlede is.

Haar eie ouers is onderskeidelik op 95 en 91 oorlede.

Vir haar sal die tye wat sy saam met haar geliefde spandeer het altyd kosbaarder as goud wees.

“Oor die jare is dit die tye saam met die wat jy liefhet wat jy die meeste koester en onthou. Ek sal die tye wat ons saam spandeer het vir niks in die wêreld verruil nie.”

Die pragtige Madge Holloway as jong dame

Brenda Spamers, bestuurder van Huis Meyerton sê dit is vir hulle uiters spesiaal om die mylpaal verjaarsdag saam met die besonderse vrou te vier.

“Tannie Madge se positiewe ingesteldheid bly ‘n inspirasie vir ons. Sy is vir my die toonbeeld van grasie en waardigheid en trap diep spore in ‘n mens se hart,” sê Brenda.

Die tehuis se bestuur en personeel is ooglopend lief vir tannie Madge wat hul met ‘n spesiale uitstappie na die haarsalon én ‘n honderdste verjaarsdagpartytjie bederf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button