R500 prys op spel in Vaalweekblad-kompetisie
Vaalweekblad hou daarvan om verrassings en geleenthede om pryse te wen aan ons lesers te bied. Vrydag (14 Julie) skop ons nuwe kompetisie: "Soek die Ster" af.

Vaalweekblad woon deur die week en oor naweke verskeie geleenthede by. Soms weet mense wanneer hulle deur ‘n Vaalweekblad fotograaf afgeneem word, en soms nie. Dit is deel van die pret van dié nuwe kompetisie.
Een van die foto’s in die die week se koerant gaan met ‘n ster versier word, en as jy die gelukkige persoon is om wie die ster geplaas word, is jy die wenner.
Die kompetisie gaan oor ‘n paar weke strek en daar sal weekliks ‘n nuwe prys op die spel wees.
Die week se prys is ‘n R500 geskenkbewys van Engen Arcon Park Convenience Centre. Wie kan nie doen met so ‘n lekker prys nie?

Moet dus nie Vrydag se Vaalweekblad misloop nie, jy is dalk die ster.
