Local newsNewsNews
Vragmotor slaan aan die brand naby R59-blokhuis
'n Vragmotor het vanoggend naby die blokhuis op die R59 aan die brand geslaan.
MEYERTON. – Motoriste is Woensdagoggend gewaarsku om waaksaam te wees.
Die brandweer het glo die oproep net voor 05:00 vanoggend ontvang.
Blykbaar het die brand weens meganiese probleme ontstaan.
Dit hou dus nie verband met die vlaag aanvalle op vragmotors, soos aanvanklik berig is nie.
Toe die brandweer by die toneel aangekom het was die vrag reeds van die vragmotor ontkoppel.
Die brand volg na minstens 15 voorvalle waartydens vragmotors in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aan die brand gesteek is.


Rook en vlamme by ‘n vragmotor wat langs die R59 aan die brand geslaan het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
