Local newsNewsNews

Biltong Bar en Marietjie wen toekennings

Biltong Bar, ‘n biltongwinkel in die River Square-winkelsentrum in Drie Riviere, het River Square se “You Deserve Good Service”-toekenning vir Juniemaand ontvang.

VEREENIGING. – Biltong Bar het die meeste stemme gekry vir die winkel wat die beste kliëntediens in die winkelsentrum bied.

Marietjie van de Reede, die vriendelike winkelassistent wat die biltongwinkel beman, is ook aangewys as ‘n werknemer wat die ekstra myl gaan.

Om Marietjie te beloon vir haar vriendelike glimlag en puik kliëntediens gee River Square vir haar ‘n R1 000-koopbewys.

“Ons wil graag vir Marietjie en die Biltong Bar gelukwens met hierdie welverdiende wen,” sê River Square.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button