Local newsNewsNews

Heavy Metal & Rock bonanza vir liefdadigheid

Geslagsgebaseerde geweld is 'n groot probleem in SA. Van die Vaal se Heavy Metal en Rock Bands het besluit om iets daaromtrent te doen.

VANDERBIJLPARK. – Heavy Metal en Rock aanhangers gee aandag. Kunsliefhebbers ook. Hier kom ‘n besondere fees. Alles vir ‘n goeie doel.

Die TORN SA toer om lig te werp op geslagsgebaseerde geweld (GBV) en fondse in te samel om slagoffers te help, skop af in die Vaaldriehoek.

TORN is die breinkind van Hardy Mills van Diverted Disorder en Angie Moxi Iron-Shaper van Desert Mother.

Hardy sê hy wil ‘n verskil maak want hy het in ‘n ‘abusive’ huis grootgeword. Sy pad het met al hoe meer vroue gekruis wat mishandel is of steeds in gewelddadige situasies vasgevang is.

“Ek het besef ons is blind oor wat onder ons neuse gebeur en wou iets doen,” sê hy.

Sy eerste gedagte was om ‘n liedjie te skryf oor die kwessie. Tainted het die lig gesien.

Lede van Desert Mother. Foto: verskaf

Nadat hy met Angie kennis gemaak het, het hul besluit hul moet ten minste een vertoning hê om fondse in te samel om slagoffers te help.

Die idee het vinnig vlerke gekry en nou is daar vier TORN-feeste in die pyplyn.
Die eerste word 5 Augustus by Gas Monkey Pub & Grill in Vanderbijlpark gehou.

Hardy sê dis meer as ‘n musiekvertoning, daar sal ook ‘n kunsuitstalling wees en lewendige kuns.

“Ons gaan aan mense die geleentheid bied om saam te kom verf. Dis ‘n vorm van ontvlugting en ‘n manier om jou emosies uit te druk.”

Die TORN-fees begin om 15:00 en kostes beloop R50 per persoon indien die kaartjies vooraf gekoop word, of R70 per persoon by die deure op die dag.

Alle fondse sal aan Jason’s Angels geskenk word. By die TORN Vaal Rock & Metal Against GBV sal Victor Bravo, Tenacious 3, THE THR3 PROJ3CT, Desert Mother, Diverted Disorder en Armed to Disarm optree.

Daar sal drie TORN feeste in Vrouemaand aangebied word met die ander vertonings in Johannesburg (19 Augustus) en Durban (26 Augustus).

Daar sal ook een op 30 September in Bloemfontein gehou word. By elkeen is daar ander Metal en Rock bands wat optree.

“Ons voel dis tyd om op te staan om vrouens en kinders te help. Geslagsgebaseerdegeweld is oral, maar dis ‘n sensitiewe onderwerp.

“Baie vroue is te bang om hulp te soek. Ons wil net help en ‘n verskil maak,” het Hardy gesê en bygevoeg “ons organiseer alles uit ons eie sakke.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button