Wonderlike nuus: Michael is wakker en kan praat!
Wyle Nicky Pretorius word Saterdag in dieselfde graf begrawe waar sy ouma Elsie skaars twee maande gelede begrawe is.
Te midde van die hartseer dat hulle hul seun, “Klein” Nicky Pretorius, aan die dood moes afstaan, kon die ouers van die Pretorius-broers Woensdag met blydskap laat weet dat Michael, hul ander seun wat in die ongeluk beseer is, bygekom het en kan praat.
Die seuns se pa, mnr. Nicky Pretorius senior, laat weet dat Michael hom en mev. Lena Rossouw (Michael se ma) herken. Michael is nog baie deurmekaar maar die dokters is tevrede met sy vordering.
“Michael het vir ons gesê die Here het hom die poorte van die Hemel gewys. Ons het hom vertel van al die boodskappe van mense wat vir hom bid en omgee. Hy waardeer dit baie en sê baie, baie dankie aan almal wat aan hom dink.”
* Lees die volledige berig in Vaalweekblad wat vanaf vandag, 14 Julie, te koop is.
Kyk na die video wat geneem is kort nadat Michael Woensdag bygebring is en weer vir die eerste keer in sowat 12 dae met sy ouers kon praat.
Mariska van der Merwe gee hierdie reëlings oor wyle Nicky se gedenkdiens wat more, Saterdag 15 Julie, by The Village (by The Bar With No Name in Vaalpark) plaasvind:
• Parkering: Wanneer u by The Bar with No Name aankom sal u sien daar is ‘n parkie aan die linkerkant, u gaan verby die parkie ry en agter toe na die agterste gebou. Daar sal reeds ‘n wit kar staan en ons sal ook ‘n blaai met ‘n pyltjie op sit vir u om na die regte kant toe te gaan.
• Neem asseblief kennis dat die restuarant gedeelte steeds aangaan en daarom kom u by die agterste gebou se deure in, wat na die Village toe lei.
• Wanneer u inkom sal u sien die eerste 110 stoele is gereserveer vir slegs familielede. Ongelukkig kan geen vriende in die familie area sit nie omrede die familie groot is en bymekaar moet sit.
• Na die diens moet almal asseblief uitbeweeg waar daar dan verdere verrigtinge sal plaasvind en u dan na kar toe sal beweeg.
• Sodra die lykswa gery het, val almal in die stoet in wat saam gaan graf toe. Ons begin by ouers Nicky en Lena wat agter die stoet aanry, gevolg deur die familie en vriende.
• Ons beweeg dan begraafplaas toe in Sasolburg waar Nicky Pretorius te ruste gelê sal word bo-op sy ouma Elsie Pretorius.
• Na die grafseremonie kan almal terugbeweeg Bar With No Name toe waar daar verversings bedien sal word in The Village.
Ons vra dat almal wat die gedenkdiens bywoon, die familie in ag sal neem op hierdie dag waar ons ‘n geliefde seun, broer, kleinkind, agterkleinkind en neef groet.

Lees vorige berigte oor die broers se ongeluk hier:
