Local newsNewsNews

Eerste wenner van Vaalweekblad se nuwe kompetisie

Vaalweekblad se nuwe kompetisie het afgeskop en die eerste wenner van 'n R500 geskenkbewys van Engen Arcon Park Convenience Centre is aangewys. Angie Parkersons van Vereeniging is die eerste wenner. Wie gaan die volgende wenner wees?

Vaalweekblad hou daarvan om geleenthede om pryse te wen aan ons lesers te bied. Vrydag (14 Julie) het ons nuwe kompetisie: “Soek die Ster” afgeskop.

Angie Parkersons van Vereeniging het verlede naweek die DBV se Wiggle Waggle dag by Stonehaven on Vaal ondersteun. Angie is reeds in die nuuste uitgawe van Vaalweekblad (14 Julie) as ons eerste “Soek die Ster” wenner aangewys.

Angie word gevra om Elsje Vermeulen by 083 417 1059 te kontak sodat sy haar prys kan ontvang. Indien vriende of familie van Angie hier lees, word hulle gevra om Angie in kennis te stel asb.

Angie Parkersons van Vereeniging is die gelukkige wenner van hierdie week se “Soek die Ster” in Vaalweekblad. By haar is Lula en in die waentjie (omdat hy ‘n seer pootjie het) is Seun.  Foto: Elsje Vermeulen

“Soek die Ster” werk so:

Vaalweekblad woon deur die week en oor naweke verskeie geleenthede by. Soms weet mense wanneer hulle deur ‘n Vaalweekblad fotograaf afgeneem word, en soms nie. Dit is deel van die pret van dié nuwe kompetisie.

Een van die foto’s in die week se koerant gaan met ‘n ster versier word, en as jy die gelukkige persoon is by wie die ster geplaas word, is jy die wenner.

Die kompetisie gaan oor ‘n paar weke strek en daar sal weekliks ‘n nuwe prys op die spel wees.

Die week se prys was ‘n R500 geskenkbewys van Engen Arcon Park Convenience Centre, en sal ook die prys wees vir die volgende kompetisie in die uitgawe van 21 Julie.

Wie kan nie doen met so ‘n lekker prys nie? Moet dus nie Vrydag se Vaalweekblad misloop nie, jy is dalk die ster!

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button