KYK: Speelgoedmaker benodig geld vir oogoperasie
Elsie van der Walt, 'n bekende speelgoedmaker van Vereeniging, benodig ongeveer R50 000 vir 'n mediese prosedure om katarakte van haar oë te laat verwyder.
VEREENIGING. – Elsie maak al sagte speelgoed sedert 1992 en verkoop dit van haar huis in Ringweg, Drie Riviere.
‘n Katarak is ‘n degeneratiewe verdikking/dofheid van die lens en kan blindheid veroorsaak.
Gelukkig is dit maklik identifiseerbaar en behandelbaar.
Volgens Elsie kos die prosedure ongeveer R50 000.
Dit kos ongeveer R25 000 per oog.
Elsie vertel: “Ek kan nie behoorlik sien om my werk te doen nie. Dit (om poppe te maak) is fyn werk. Omdat ek nie behoorlik kan sien nie maak ek baie foute en baie van my materiaal gaan so verlore,” vertel sy.
Beide Elsie en haar man, sowel as haar verstandelik gestremde seun, is van welsynstoelae (sassa-toelaag) afhanklik en het nie geld vir die prosedure nie.
Elsie sê sy het reeds ongeveer R7 000 van die bedrag ingesamel, maar kort nog die res.
Elsie het ‘n trust probeer skep, maar gou besef dit gaan te veel kos.
Mense wat Elsie kan help word versoek om geld in haar spaarrekening in te betaal.
Naam: E. M. van der Walt
Bank: First National Bank
Rekening: Tjekrekening
Rekeningnommer: 62068340498
Takkode: 250655
Skakel Elsie by 082 519 8696 vir meer inligting.



