Sommige huishoudings reeds 5 dae sonder water
Dit blyk dat die watertorings in Emfuleni wat water aan huishoudings verskaf, nie genoeg water ontvang om vol te loop nie. Dit het tot gevolg gehad dat sekere huishoudings reeds die afgelope vyf dae sonder water is.

Dit is veral sekere hoogliggende areas in Vanderbijlpark wat geraak word weens die reservoirs wat leeg is, asook dele van Evaton en Sebokeng wat deur die Langerand reservoir van water voorsien word.
Die probleem het glo ontstaan weens die feit dat die Randwaterpompe op een lyn water aan Sasolburg en Vanderbijlpark voorsien.
Die pompstasie in Sasolburg is glo uit werking en water kon nie ingelaat word nie. Om herstelwerk te kon doen het Randwater glo net 25% van sy normale kapasiteit water ingepomp.
Randwater se tegnikuste is besig met herstelwerk by die Sasolburg-pompstasie. Sodra die herstelwerk voltooi is, sal dit tot gevolg hê dat pomp-kapasiteit sal verhoog en serervoirs vinniger gevul sal word.
Intussen het dit heelwat probleme vir inwoners veroorsaak.
In Vereeniging is dit meestal Drie Riviere huishoudings, wat deur die Rand Water Suikerbosch-pompstasie van water voorsien word, wat gebuk gaan onder die probleem.
“Met beurtkrag en vinnige water verbruik, veroorsaak dit dat daar nou amper geen water beskikbaar is vir gebruik nie. Ons doen ‘n beroep op inwoners om te help waar hul kan en water spaarsaam te gebruik,” vra raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni.
Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kan nie op hierdie stadium ‘n tyd gee wanneer die watersituasie weer normaal sal wees nie.
ELM het die volgende verklaring uitgeryk:

