Local newsNewsNews

Vrae nadat man by sjebien in S.E. 7 doodgeskiet word

Die polisie sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ‘n voorval waartydens ’n man op Vrydagaand 30 Junie 2023 by ’n sjebien in S.E. 7 in Vanderbijlpark doodgeskiet is nie.

VANDERBIJLPARK. –  Volgens kapt. Fikile Funda, ‘n polisiewoordvoerder, het die oorledene en sy broer op die aand van Vrydag 30 Junie 2023 by die sjebien by 2 Mansfieldstraat in Vanderbijlpark gekuier toe twee mans daar opgedaag het.

“Sonder om met die oorledene te praat het een van die mans ’n vuurwapen uitgehaal en begin skiet. Die oorledene se broer het weggehardloop en gaan wegkruip. Hy het later teruggekeer toe dit stil raak. Hy het toe sy broer se lyk op die toneel aangetref. Daar was koeëlwonde aan sy kop en op sy bolyf,” vertel Funda.

Die oorledene is op die toneel dood verklaar.

Verskeie doppies is op die toneel aangetref.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button