Neil Sandilands & band by die ERT
Moenie Saterdag se vertoning van Neil Sandilands en band by die ERT misloop nie.
SASOLBURG. – Kaartjies loop soos stroop vir Saterdag, 22 Julie se Neil Sandilands & band vertoning.
Die vertoning begin om 14:30 en jy het net die een kans om die bekende akteur en sanger in ons geweste te beleef.
Neil wat besig is om groot naam te maak in die VSA, met onder andere rolle in FLASH, DAM en Sweet Tooth, is tans op toer deur Suid-Afrika in, wat hy noem ʼn Wintertoer – Kaap tot Mpumalanga.
Die band bestaan uit Schalk Joubert (baskitaar), Frank Freeman (elektriese kitaar), en Ronan Skillen op perkussie. Neil homself slaan die kitaar en ukulele.
Daar is nie net musiek op die spyskaart nie, maar ook stories uit sy kinderdae in Randfontein saam met ʼn handvol vertellings oor Sunset Boulevard, the Island of Kauai, New York, Auckland en Namakwaland.
Baie geluk aan Marc Samons en Hanelie Jordaan wat elkeen twee kaartjies gewen het in die kompetisie wat onlangs geloods is en op 19 Julie om 12:00 gesluit het.
Kaartjies vir die besondere ervaring kan bespreek word by www.ertickets.com.
