Local newsNewsNews

Brand in SW 5, Vanderbijlpark

Die brand het op die een erf ontstaan en na 'n ander versprei.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Brand wat Donderdagoggend (20 Julie 2023) binne ‘n Wendy-huis op ‘n erf in Handelstraat in SW 5, Vanderbijlpark ontstaan het, het gou na naburige eiendom versprei.

Gelukkig kon nooddienswerkers en vrywilligers die brand keer voor dit groter skade aangerig het.

Die brand het glo omstreeks 11:00 ontstaan.

Nicolene Breedt (34) en haar seun Janco Breedt (1) was glo in die hoofhuis toe sy die rook by die Wendy-huis agter in die erf opgemerk het.

Die brand het gou na ‘n grasdak-struktuur langsaan in Mahlerstraat versprei.

Gelukkig het nooddienswerkers en vrywilligers kragte saamgesnoer om die brand onder beheer te bring.

Tydens Vaalweekblad se besoek aan die toneel was die Emfuleni-brandweer nog nie daar nie.

Die Wendyhuis wat in puin gelê is. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button