Local newsNewsNews
Flink optrede blus brand
VANDERBIJLPARK. – ‘n Brand het Donderdagoggend twee geboue in Handel en Mahler straat in SW5 beskadig. Daar word vermoed dat die brand in 48 Handel straat ontstaan het, toe ‘n houthuis in die agterplaas aan die brand geraak het en ‘n aangrensende grasdaklapa van 47 Mahler straat aan die brand gesteek het. Niemand is in …
VANDERBIJLPARK. – ‘n Brand het Donderdagoggend twee geboue in Handel en Mahler straat in SW5 beskadig.
Daar word vermoed dat die brand in 48 Handel straat ontstaan het, toe ‘n houthuis in die agterplaas aan die brand geraak het en ‘n aangrensende grasdaklapa van 47 Mahler straat aan die brand gesteek het.
Niemand is in die brand beseer nie.

Die brand is vinnig deur omstanders en vrywilligers onder beheer gebring. Brandblussers en water wat uit ‘n swembad geskep is, is deur die huiseienaars, paramedici, veiligheidsbeamptes en omstanders gebruik om die brand te blus.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
