Local newsNewsNews

Gebaretaal nou SA se 12de amptelike taal

President Cyril Ramaphosa het Woensdag gebaretaal as Suid-Afrika se 12de landstaal bekragtig tydens ‘n seremonie by die Uniegebou in Pretoria.

Dit volg nadat die nasionale vergadering in Mei vanjaar ‘n wysiging van artikel 6 van die grondwet goedgekeur het om gebaretaal as een van die land se amptelike tale in te sluit.

Dit is gedoen om die regte van mense wat doof is en met gehoorprobleme sukkel te bevorder.

Suid-Afrika se ander 11 landstale is Sepedi, Sesotho, Setswana, siSwati, Tshivenda, Xitsonga, Afrikaans, Engels, isiNdebele, isiXhosa en isZulu.

Suid-Afrika saam met Kenia, Zimbabwe en Uganda een van die vier Afrikalande waar gebaretaal as ‘n amptelike landstaal erken word.

Wêreldwyd is daar blykbaar 41 lande wat gebaretaal as amptelike landstaal erken.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button