Local newsNewsNews

Valie duo op pad na Italië

Voorspoed en sterkte aan die twee jong Valies.

VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek is trots op twee van ons jong atlete, Abaigael Thomson en Drikus Meiring.

Die twee leerlinge van die Hoërskool Driehoek is gekies om Gauteng by die Tricolour Flag Games in Italië te gaan verteenwoordig.

Die spele vir jongmense tussen 14 en 16 jaar vind vanaf 24 – 29 Julie in Reggio Emilia, Italië plaas.

Gauteng stuur ‘n span van 132 atlete wat aan skaak, sokker, rugby, swem, atletiek en basketbal gaan deelneem.

Die Tricolour Spele vind elke vier jaar plaas en hierdie is die sewende keer wat jeug van meer as 18 lande bymekaar gaan kom om teen mekaar mee te ding.

Hierdie jaar se tema is: “Sports can change people. People can change the world”.

Drikus en Abaigael het Saterdag, 15 Julie hul provinsiale kleure ontvang.

Drikus is ‘n spiesgooi en verspringatleet terwyl Abaigael in diskus en spiesgooi gaan meeding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button