Michael word vandag geopereer: ‘Bid vir hom,’ vra ouers
Boetie wat tragiese ongeluk oorleef het, ondergaan operasie van 6 tot 8 ure.
Michael Pretorius (21), wat die ongeluk oorleef het waarin hy en sy boetie Nicky op 28 Junie langs Vaalpark betrokke was, se gebreekte bene word vanoggend, Vrydag 21 Julie, geopereer. (Nicky (23) het die dag na die ongeluk aan sy beserings beswyk).
Volgens ‘n familielid, Mariska Van der Merwe, sou Michael se ouers, Nicky Pretorius (senior) en mev. Lena Rossouw vanoggend reeds 07:30 by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein wees om Michael voor die operasie by te staan. Die operasie gaan na verwagting tussen 6 en 8 ure duur. Die gesin vra almal se voorbidding.
Mnr. Nicky Pretorius het vanoggend hierdie boodskap op sy Facebook geplaas:
“Michael Pretorius, pa se YSTER.. vandag is dit die dag… Jou operasiedag… Wees kalm.. jy sal gesond raak. Al vat dit tyd… ons het mos baie tyd, my kind… Sterkte vir vandag… Pappa is Baie Baie lief Vir jou.. moet nie bang wees nie.. GOD hou Sy hand oor jou en oor die dokters…. Jy sal weer die ou Michael wees, seuna.. dit gaan net tyd vat…. Lief jou so baie….”
Verskeie insamelingsveldtogte is geloods om vir Michael se verdere behandeling en rehabilitasie te betaal. Lees meer hieroor by dié skakel: https://ywyway.com/family-support/

- Wyle Nicky se begrafnis is verlede Saterdag in The Village by The Bar With No Name in Vaalpark gehou, waar hy die bestuurder was. Lees in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (21 Julie 2023) meer oor die mooi afskeidsgroet wat die familie en Nicky se werkgewer en kollegas vir hom gegee het.
************************************************
‘n Familielid van die Pretorius-gesin, Mariska Van der Merwe, skryf soos volg oor Michael se herstel tot dusver:
‘n Mens besef nie altyd hoe groot God werklik is nie tot jy Sy wonderwerke sien🙏🏻 Hierdie is ‘n opsomming van die laaste 20 dae in ons lewens. 🙏🏻🤍Dankie Jesus vir die 2de kans op lewe wat Michael gekry het🤍Dit gaan goed met Mike! Daar lê nog ‘n lang pad voor maar hy is so sterk!
Die foto’s hier onder kan sensitiewe lesers ontstel. Moenie verder afrol as jy nie tonele van bloed of beserings kan hanteer nie.

