Local newsNews

Skone Charné neem deel aan uitreik-aksie vir mense in nood

Onder die gaste wat die ete bygewoon het, was die beeldskone model Charné van Emmenis, Mej. Junior Toerisme SA van 2019 en Junior Miss Rainbow Nation 2018, wat haar oog nou op die gesogte Miss World SA-titel het.

 

Mense wat goeie kos, ‘n mooi riviertoneel en aangename geselskap kan waardeer, het Sondag, 9 Julie by L’Amour Rouge Restaurant en koffiewinkel in Vaaloewer bymekaargekom vir ‘n heerlike ontspanne dag waarby ‘n plaaslike deurgangshuis ook gebaat het.
Sjef Rudi, eienaar van die restaurant en sy personeel, het reggestaan om gaste op ‘n smaaklike buffet-ete te trakteer, maar die geleentheid is ook benut om die Lochvaal Emfuleni Welfare Centre se dienste onder die publiek se aandag te bring. ‘n Deel van die dag se inkomste is aan die sentrum geskenk.
Onder die gaste wat die ete bygewoon het, was die beeldskone model Charné van Emmenis, Mej. Junior Toerisme SA van 2019 en Junior Miss Rainbow Nation 2018, wat haar oog nou op die gesogte Miss World SA-titel het. Charné is bekend daarvoor dat sy graag aan uitreik-aksies vir mense in nood deelneem. Haar persoonlike projek om sagte speelgoed vir kinders met terminale kanker in te samel het ook al landwyd aandag getrek.
Sjef Rudi bedank Charné en almal wat L’Amour Rouge se uitreikdag bygewoon het vir hul belangstelling en ondersteuning.

Sjef Rudi, eienaar van L’Amour Rouge Restaurant, saam met die model Charné van Emmenis tydens Sondag se uitreik-aksie vir minderbevoorregtes.
L’AMOUR ROUGE is in Vaaloewer langs die Vaalrivier geleë

Charné van Emmenis het die dag saam met haar geliefdes by L’Amour Rouge in Vaaloewer kom deel. Hier by haar is haar ouers, Rika en Dolf van Emmenis en haar spesiale vriend, Micheal van den Berg.
Sjef Rudi, eienaar van L’Amour Rouge Restaurant, saam met die model Charné van Emmenis tydens Sondag se uitreik-aksie vir minderbevoorregtes.
Charné van Emmenis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button