Local newsNewsNewsSport
Speke sing om winterkoue te verdryf
Wayne van der Walt en Anja de Bruin het Sondagoggend (23 Julie 2023) koning gekraai in die Winter Fast One 70-bergfietsren by Café du Cirque.
DALESIDE. – Altesaam 435 bergfietsryers het Sondagoggend die bergfietsrenne oor 70km, 40km en 20km aangedurf om die winterkoue te verdryf en pret te hê.
Volgens die amptelike uitslae het Carter Barnes en Helen Olwage in die 40km-wedren koning gekraai, terwyl Matthew Dickens en Danika Lombard in die 20km-wedren gewen het.
Die volledige uitslae is hier beskikbaar.
Die Spring Fast One sal op 3 September plaasvind wanneer dit hopelik warmer is.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
