Local newsNewsNews
Vaal groet ‘n meester-fotograaf
VANDERBIJLPARK. - Koos Fourie was nie net 'n meester fotograaf nie, hy was 'n wonderlike mens en gesinsman wat altyd 'n vriendelike woord vir ander gehad het.
“Hy was ‘n wonderlike omgee mens en baie lief vir sy kinders. Sy kleinkinders was sy alles en sy trots,” het Ina, Koos se vrou, hom as mens beskryf.
Koos se heengaan op 20 Julie na ‘n kort siekbed was ‘n groot skok vir sy gesin en mede-fotograwe van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging.
“Die vele huldeblyke aan hom vanoor die hele land is aanduidend van die respek en invloed wat hy in die fotografie wêreld gehad het,” sê Henk Scheepers (voorsitter van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging).
Koos word vandag ter ruste gelê.
Vaalweekblad se innige simpatie aan sy geliefdes en vriende. ‘n Spesiale huldeblyk oor sy hoogtepunte as fotograaf en van sy uitstekende foto’s verskyn in Vrydag se Vaalweekblad (28 Julie).
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.