Skaak en pret by Eurekaskool
Waar is al die skaakspelers? Spring gou en skryf in vir hierdie toernooi. Alle fondse ten bate van Eurekaskool vir leerders met erge fisiese en verstandelike gestremdhede. Lees meer
VEREENIGING. – Saterdag is dit weer tyd vir die jaarlikse Sedibeng Ope Skaakkampioenskappe wat by Eurekaskool aangebied word.
Hierdie jaar word daar meer as 200 skaakspelers van alle ouderdomme verwag wat in verskeie kategorieë gaan meeding.
Die skool bied ‘n pretdag vir die hele gesin aan met ‘n vlooimark waar allerlei te koop sal wees.
Natuurlik sal daar iets te ete wees en boeretroos om die keel nat te maak.
Die verrigtinge skop sommer vroegdag af met Rika Dippenaar, Johandré Steyn and Soné Vorster wat om 06:50 musiek gaan maak.
Die eerste rondte skaak begin om 08:00.
Goeie nuus vir rugbyliefhebbers is dat die toets tussen die Springbokke en die Pumas op ʼn groot skerm by die skool uitgesaai sal word. Die wedstryd begin 17:05.
Inskrywings om aan die skaaktoernooi deel te neem sluit, 26 Julie om 16:00.
Registreer vir die toernooi by https://chesshub.org.za/events/eureka-open of kontak die organiseerder, Danie by 071 909 3354.

