Local newsNewsNews

Slaggate gevul voor Jeugsorg Sasolburg

SASOLBURG. - ‘n Aantal dogters van die sentrum het ook ingespring en betrokke geraak met die herstel van die slaggate.

Solidariteit en die SLC Group (The Synthetic Latex Company) het onlangs gesamentlik opgetree om die gemeenskap te versterk. Hulle het spesifiek aandag gegee aan Jeugsorg Sasolburg, deur paaie in die omgewing te herstel met behulp van die SLC Group se Pothole Fix.

Jeugsorg Sasolburg is deel van die Vrystaat Jeugsorgsentrum, ‘n Nie-winsgewende organisasie wat voltydse versorging aan kinders bied.

Die jeugsorgsentrum in Sasolburg is verdeel in twee huise vir seuns en dogters. Elke huis bied ‘n tuiste vir twaalf kinders.

Volgens Solidariteit Netwerk Koördineerder, Gerhard Cloete, is herstelwerk aan die paaie ‘n belangrike bydrae tot die verbetering van die infrastruktuur en veiligheid in die omgewing van die Jeugsorgsentrum.

“Dit sal nie net die toegang en vervoer na die sentrum vergemaklik nie, maar ook die algehele lewenskwaliteit van die meisies wat daar woon verbeter”, sê Cloete.

“Hierdie vorm van gemeenskapsbetrokkenheid en samewerking deur rolspelers, gemeenskapsleiers en besighede is van groot belang, omdat dit nie net die gemeenskap versterk nie, maar ook die gevoel van eienaarskap en betrokkenheid by die meisies self bevorder.

“Dit kan hulle aanmoedig om voort te bou op hierdie ervaring en in die toekoms deel te neem aan verdere gemeenskapsinisiatiewe”, sê Quentin van den Heever, uitvoerende direkteur van die SLC Group.

SLC Group se Pothole Fix waarmee slaggate gevul is.

Die groep het ook ‘n bederfdag gereël vir ‘n aantal dogters wat die vakansietydperk by die Jeugsorgsentrum deurgebring het. Hierdie bederfdag was ‘n spesiale geleentheid vir die kinders om vakansiepret te hê.

Volgens Corrie Muller, ‘n kinderversorger by die sentrum, kan geleenthede soos dié ‘n groot impak op hul emosionele welstand hê.

“Die saamspan van Solidariteit en die SLC Group, toon hul toewyding aan die verbetering van die gemeenskap en die ondersteuning van diegene in nood. Ek wil graag ook ander rolspelers in die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak. Ons het gemeenskapskrag nodig om ons oorhoofse kostes te dek en ons deure oop te hou”, sê Muller.

“Wanneer rolspelers, gemeenskapsleiers en besighede saamwerk, kan hulle ‘n groter impak maak en uitdagings in die gemeenskap effektief aanspreek”, sê Cloete.

Solidariteit en die SLC Group wil die publiek bewus maak van die belangrikheid van gemeenskapskrag en ook ander aanmoedig om betrokke te raak.

Van die mense wat betrokke was met die vul van die slaggate. Name was ongelukkig nie verskaf nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button