Local newsNewsNews

Kommer oor groeiende plakkerskamp langs Kliprivier

Inwoners van Drie Riviere het die afgelope week weer kommer uitgespreek oor die groeiende plakkerskamp langs die Kliprivier in Drie Riviere.

VEREENIGING. – Ten spyte van pogings wat vroeër aangewend is om van plakkers van die gebied te verskuif lyk dit of die hoeveelheid plakkershutte by die dag meer word.

Inwoners sê dit blyk of die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit geen belangstelling toon om gemeenskaplike ruimtes te beskerm nie.

Vaalweekblad verneem die kwessie is reeds onder die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se parke-afdeling, sowel as die maatskaplike-afdeling se aandag gebring.

Volgens Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, is dit weer aangemeld.

Inwoners eis dat die kwessie daadwerklik aangespreek word.

‘n Plakkershut langs die Kliprivier in Drie Riviere. Foto: Verskaf

‘n Plakkershut langs die Kliprivier in Drie Riviere. Foto: Verskaf
Een van talle plakkershutte langs die Kliprivier in Drie Riviere. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button