Local newsNewsNews

Swaar tronkstraf vir twee wat brandstof steel

Twee mans wat skuldig bevind is aan peuter met noodsaaklike infrastruktuur en diefstal van brandstof uit ‘n Transnet-pypleiding is Donderdag (20 Julie 2023) in die Vereeniging-landdroshof elk tot 30 jaar tronkstraf gevonnis.

VEREENIGING. – Albei die beskuldigdes is tronkstraf van 15 jaar opgelê vir die klag wat verband hou met peuter met noodsaaklike infrastruktuur en ‘n bykomende 15 jaar vir die klag wat verband hou met die diefstal van brandstof uit die pypleiding.

Een van die verdagtes is ‘n verdere ses maande opgelê omdat hy boonop onwettig in die land is.

Die skuldigbevindings behoort te dien as ʼn waarskuwing aan enigiemand wat met noodsaaklike infrastruktuur peuter en sodoende Transnet se bedrywighede en die ekonomie van die land saboteer.

Transnet Pipelines (TPL) het in ‘n verklaring gesê hy verwelkom die vonnis.

TPL het in ‘n verklaring gesê hy waardeer die aandag wat die landdros op die verswarende omstandighede, die erns van die misdaad en die verwoestende impak wat dit op die land, sy burgers en die omgewing gehad het, gegee het.

TPL mee nook die vonnisse stuur ‘n sterk boodskap uit dat peuter met kritieke en noodsaaklike infrastruktuur nie geduld sal word nie, en dat oortreders met die volle mag van die wet vervolg sal word.

“Dit blyk uit die afname in brandstofdiefstalvoorvalle en die toename in die aantal skuldigbevindings en swaar vonnisse dat ons optrede besig is om vrugte af te werp.

“Ons sal voortgaan om hierdie pogings te versterk en sal nie rus totdat hierdie misdaad uitgeroei is nie,” het Michelle Phillips, TPL se uitvoerende hoof aan Freight News gesê.

TPL het ‘n beroep op die publiek gedoen om enige verdagte aktiwiteite langs die Transnet-pyplyn aan te meld deur die wenklyn te skakel by 0800 003 056.

Inligting word vertroulik hanteer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button