Local newsNewsNews

Tandartse ontspan op die rolbalbaan

Donderdag 29 Junie, het die drie tandartse van die v Midvaal Dental Practice van Meyerton, en hulle ses assistente en kantoorpersoneel hulle vernuf op Meyerton se rolbalbaan kom toets.

MEYERTON. – Almal was ingedeel in spanne van drie, insluitend ‘n ervare lid van die klub.

Die klublede het natuurlik eers die besoekers goed wys gemaak ten opsigte van die hoek waarteen die bal na die wit balletjie moet rol, die hoeveelheid gewig waarteen die bal gestoot moet word, waar die mat moet lȇ, hoe die punte bereken word en hoe die telling op die bord geskryf word.

Hierdie nuwelinge het baie geleer en het gou besef dat daar meer in rolbal steek as net om balle te rol.

Dit vereis vernuf, konsentrasie, jy moet jou “skipper” (leier) se raad volg en nie teleurgesteld wees as jou bal té skeef of té kort of té vér gerol het nie.

Volgende keer pas jy weer die gewig en/of die hoek aan en juig almal as dit hierdie keer suksesvol was.

Die klublede het dit baie geniet om saam met hierdie personeellede te speel.

Die drie dokters en hulle assistente is baie tevrede en met groot glimlagte daar weg met beloftes dat hulle weer sal kom probeer!

Indien daar nóg besighede in Meyerton en omgewing is wat graag rolbal wil kom ontdek, kan hulle vir Tommie Louw (President van die klub) skakel by 082 899 5095.

Die klubhuis met die kroeg en kombuis, is ook beskikbaar vir funksies teen ‘n baie kosbare prys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button