Local newsNewsNews

Vaal dansers onder wêreld se bestes

Die dansers van Georgina's Dance Studio het uitstekend in Portugal gevaar. Lees meer

VAALPARK. – Die dansers van Georgina’s Dance Studio het rede om breed te glimlag en super trots te wees.

Hulle het onlangs by die Wêrelddanskampioenskappe in Braga, Portugal uitstekend gevaar.

Die dansgroep het 5de plek by die wêrelddanskampioenskappe verower. Foto’s verskaf

Die kampioenskappe het van 30 Junie tot 7 Julie plaasgevind. Meer as 7 500 dansers van 50 lande het deelgeneem.

Die blinkste ster onder die Vaaldriehoekers was Cebisile Banda wat met haar Spaansedans solo, “Orabroy”, ‘n uitstekende 95,4% behaal het.

Daarmee is sy ook as wenner in die afdeling Junior National and Folklore Dance Solo gekroon.

Die dansgroep bestaande uit Cebisile Banda, Chantelle Oosthuizen, Jana Jacobs, Stephanie Vey en Suzenke Saayman het ‘n algehele vyfde plek verower met hul dans, Farruca in die Senior Small Group National and Folklore afdeling.

Die einste Cebisile en Stephanie Vey het ook die top tien gehaal met hul Spaansedans duet.

Georgina Jacobs sê sy is baie trots op elke danser. Almal het uitstekend gevaar en met punte bokant 82,3% klaargemaak.

Cebisile Banda met haar goue medalje. Foto: verskaf

Naas die Spaansedanse het die ballet en kontemporêre dansers ook uitstekend gevaar en almal onderskeidings behaal.

Die groep wat vir die wêreldkampioenskappe gekwalifiseer het was Anzel Hamman, Cebisile Banda, Chantelle Oosthuizen, Jacqueline Moolman, Jana Jacobs, Kiara Raubenheimer, Lisa Oosthuizen, Miné Fourie, Nombulelo Masike, Shané van der Walt, Suzenke Saayman en Stephanie Vey.

Die dansers het verlede jaar al hul voorgeneem om vir die kampioenskappe te kwalifiseer en het toe al ingespring en self fondse ingesamel om te kan gaan.

‘n Mens kan nie anders as om hoed af te haal vir hul toewyding, dissipline en harde werk nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button