Midvaal-brandweermanne doen dit weer
Midvaal se brandweermanne het vir 'n derde jaar in 'n ry hul titel by die Dräger Toughest Firefighter Kompetisie in Johannesburg verdedig.
MIDVAAL. – Die kompetisie stel brandweermanne se fiksheid, fisiese vermoëns en stamina op die proef.
Midvaal-brandweer se eerstespan het weer die spankompetisie vir mans gewen.
Midvaal het ook in 2021 en 2022 die kompetisie gewen.
Die tweedespan het vanjaar ‘n derdeplek in die spankompetisie vir mans behaal.
Nicolaas Gouws, Tertius Engelbrecht en Morne Mommsen het in hul ouderdomskategorieë geskitter. Nicolaas het ‘n tweedeplek in sy ouderdomskategorie behaal, Tertius ‘n eersteplek en Morne ‘n derdeplek.
Nicolaas het ook ‘n tweede plek in die Cross Fit-uitdaging, ‘n tweede plek in die algehele TFA en CrossFit-uitdaging, sowel as ‘n derde plek in die Toughest Firefightet-uitdaging behaal.
Tertius het ‘n derde plek in die algehele TFA- en CrossFit-uitdaging, sowel as ‘n derde tweede plek in die Toughest Firefightet-uitdaging behaal.



