Local newsNewsNews

Boer in hospitaal na aanval

'n Boer is Vrydagaand op sy plaas in die Fouriesburg-distrik aangeval en van sy Isuzu bakkie, vuurwapen, selfoon en kontant beroof.

CLARENS. – Mnr. Awie Viloen, ‘n sakeman van Vereeniging en boer, was glo besig om sy plaashek oop te sluit toe twee onbekende mans op hom toegesak en hom van sy besittings, sowel as sy wit Isuzu bakkie met ‘n Gauteng nommerplaat beroof het.

Die aanval het glo omstreeks 21:00 gebeur.

Vaalweekblad verstaan van Viljoen se ribbes is tydens die aanval gebreek.

Hy moes glo van die plaashek na sy huis stap en het van daar af hulp ontbied.

Viljoen sterk tans in die Mediclinic Hoogland in Bethlehem aan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button