Local newsNews

Kwaai wind ruk woonstelgeboue se dakke af

Die Vroeë Augustuswinde rig skade aan in Vanderbijlpark

Die Augustuswinde het hierdie jaar vroeg in die Vaaldriehoek opgedaag. Hopelik bring dit reën, maar dit het ongelukkig ook met skade gepaard gegaan. Minstens twee woonstelblokke in die omgewing van Frikkie Meyerboulevard, Vanderbijlpark, se dakke is afgeruk. ‘n Gedeelte van Harmonie Hof Woonstelle se dak het onder meer in die slag gebly. Sover Vaalweekblad kon vasstel, is niemand in die voorvalle beseer nie, maar inwoners van die woonstelblok, motoriste en ander inwoners van die omgewing het kommer op sosiale media uitgespreek omdat los sinkplate op die dak steeds ‘n ernstige gevaar inhou as dit dalk val of deur nóg winde grond toe gewaai word.

Frikkie Meyerboulevard en ander dele van die Vaaldriehoek het die afgelope jare reeds ‘n paar keer onder rukwinde deurgeloop. Die ergste was om 1982 toe rukwinde van sowat 100 kmpu ook verskeie woonstelblokke se dakke in Frikkie Meyerboulevard afgeruk het.

Rukwinde van sowat 100 kmpu het in 1981 ook woonstelblokke se dakke in Frikkie Meyerboulevard, Vanderbijlpark afgeruk en groot skade aan voertuie wat onder geparkeer was, aangerig.. Argieffoto: Retha Fitchat

 

Die dak van Harmonie Hof Woonstelle in Frikkie Meyerboulevard, Vanderbijlpark, is die naweek van 29/30 Julie 223 afgeruk

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button