Vaalies vertrek na ‘doer onder’ vir binnenshuise netbal-drienasiesreeks
Daar is talle Vaaldriehoekers in die Suid-Afrikaanse spanne wat die land in Augustus by die Binnenshuise Netbal-Drienasiesreeks in Brisbane, Australië sal verteenwoordig.
MEYERTON. – Die toernooi, wat deur die Wêreld Binnenshuise Netbalvereniging (WINA) aangebied word, vind tussen 12 en 19 Augustus in ‘die land doer onder’ (Australië) plaas.
Suid-Afrika sal tydens die toernooi teen Australië en Nieu-Seeland te staan kom.
Suid-Afrika stuur ‘n o.19-damesspan, ‘n o.19 gemengde span, ‘n o.23-damesspan, ‘n o.23 gemengde span, ‘n senior damesspan, ‘n senior mansspan, ‘n senior gemengde span en ‘n damesspan vir vrouens bo 30 na die toernooi.
Die Suid-Afrikaners sal oor bykans ‘n week (Dinsdag 8 Augustus 2023) na Australië vertrek.
PC Pretorius van Meyerton sal die gemengde o.23 span as kaptein lei, met Chezelle Probst (ook van die Vaaldriehoek) as die onderkaptein.
Drie van die spelers van die gemengde o.23-span Mixed speel vir die VaalbvVikings wat in Vanderbijlpark deur Annelise Botha afgerig word.
Siya Mpinda is in die o.19-span en Juan van den Heever in die senior mansspan.
Ander Vaaldriehoekers wat aan die toernooi gaan deelneem sluit Chezelle Probst, Shane Labuschagne en Elwillana Human in.







