Local newsNewsNews

Weermagveterane vir hul rol in erfenisbewaring vereer

Die manne van die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging (SAWV) se Kiewiet-tak in Vereeniging is onlangs vir die rol wat hulle in erfenisbewaring speel vereer.

VEREENIGING. – Jy sal elke naweek lede van die SAWV se Kiewiet-tak aantref waar hulle besig is om Afrikanermonumente, soos die Vredesmonument in Vereeniging, skoon te maak en in stand te hou.

Die weermagveterane besoek ook ander gedenkwaardighede regoor die land om dit op te knap.

Die span van die Kiewiet-tak is tydens die SAWV se algemene jaarvergadering met ‘n merietesertifikaat vereer vir die goeie werk wat hulle doen.

Die serifikaat is ter erkenning van die span se toewyding en moeite in die uitvoering van “Projek Bosuil”.

Projek Bosuil is ‘n private projek wat deur die SAWV gedryf word met die doel om Afrikaner-erfenisplekke skoon te kmaak en te herstel.

Die opheffing van behoeftige volksgenote en kultuuronderrig aan leerlinge vorm ook deel van die projek.

Op dié wyse is talle erfenisplekke reeds gerestoureer en herstel.

Okkie Jooste van die SAWV se Kiewiet-tak in Vereeniging ontvang namens die span ‘n sertifikaat van verdienstelikheid by die nasionale voorsitter van die SAWV, Johann du Preez. Foto: Verskaf
Die sertifikaat van verdienstelikheid. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button