Local newsNewsNews

Huiswerkers staar grootskaalse werkloosheid in die gesig

Kragonderbrekings, inflasie en lewenskostes het 'n impak op huiswerkers (waarvan 94% vroue is).

In Suid-Afrika het die gemiddelde huiswerker tot vier afhanklikes en dien as die familie se enigste broodwinner en versorger. Dit blyk uit die nuutste “SweepSouth 2023 Report on Domestic Worker Pay and Work Conditions” data wat onlangs vrygestel is.

Die sesde jaarlikse verslag, gerig op meer as 5 500 huiswerkers, toon aan dat die gemiddelde huiswerker in Suid-Afrika 37-jaar oud is en R2,989 per maand verdien.

Soms is dit die enigste bron van inkomste as enkel of broodwinner in haar familie. Hierdie inkomste word gebruik vir daaglikse uitgawes, kos (waar pryse met 12% gestyg het in die laaste jaar), behuising, vervoer, elektrisiteit, lugtyd en selfoon data, skoolfooie, sowel as ander noodsaaklike uitgawes.

Die gemiddelde huiswerker bestee ongeveer R694 meer as haar inkomste, behoort nie aan ‘n mediese plan nie, kan nie spaar nie, en skuld ongeveer R3,599 aan onder andere winkels, vriende, mikroleners.

Infographic

Finansiële aanwysers op die oog af

  • 75% van huiswerkers verdien nie genoeg om te kan spaar nie
  • Slegs 9% van huiswerkers het spaargeld
  • 35% van huiswerkers het ‘n skuldlas

Met die toename van lewenskostes en inflasie, is dit nie verbasend dat huiswerkers, indien moontlik, meer addisionele werk neem met die hoop om hulle inkomste te verhoog en skuld te vermy nie.

“In oorstemming met vorige verslae, sien ons steeds ‘n geweldige las op huiswerkers om hulself asook hul families te kan onderhou. Voortdurende ekonomiese uitdagings dra by en vererger druk op huiswerkers,” sê Luke Kannemeyer, Bestuurende Direkteur by SweepSouth.

Die verslag dui ook op massiewe werksverlies wat deur huiswerkers ervaar was oor die afgelope jaar. Die hoof rede word gekoppel aan werkgewers wat verhuis, met 59% van dié verhuisings na die buiteland.

Dit verteenwoordig ‘n 15% toename vanaf 2022 in huiswerkers wat hul bron van inkomste verloor as gevolg van breinkwyn. Boonop, was 68% van huiswerkers wat verlede jaar werkloos gelaat is nie geregistreer vir werkloosheidsversekering (UIF) nie, en slegs 52% van die wat wel geregistreer was het suksesvolle aansoeke ingedien.

“Dit motiveer vir die dringende oorweging van universiële werkloosheidsvoordele om te verseker dat huiswerkers beter dekking en makliker toegang tot versekering het,” voeg Kannemeyer by.

Beurtkrag het ook ‘n beduidende negatiewe impak op huiswerkers.

Hierdie jaar het die verslag vir die eerste keer ook na die Suid-Afrikaanse krag krisis gekyk en bevind dat huiswerkers wat in die afgelope jaar hul werk verloor het, voel dat beurtkrag ‘n bydrae gelewer het.

Dit is ook geen verrassing dat werkloosheid die hoof impak op die geestesgesondheid van Suid-Afrika se huiswerkers is nie. 

Op ‘n meer positiewe noot dui die peiling aan dat alhoewel die situasie verskriklik uitdagend kan wees, is daar ‘n opwaartste trajek in verdienstes vir huiswerkers wat van die SweepSouth platform gebruik maak – in lyn met aanduidings in die 2022 verslag.

“Alhoewel Suid-Afrika ‘n minimum loon en arbeidswette in plek het om huiswerkers te beskerm, is die realiteit steeds dat daar nie altyd aan voldoen word nie. S

“Sonder innoverende maniere om die implementering van hierdie loon en wette te verbeter en te handhaaf, sal huiswerkers steeds nie veel voordeel daaruit kan trek nie,” sluit Kannemeyer af.

About SweepSouth 

SweepSouth is Africa’s largest home services platform. SweepSouth is the home service app of choice for over 50 million people in six cities across South Africa, as well as Cairo, Alexandria, and the North Coast of Egypt. 

Back to top button