Local newsNewsNews
Boy Louw-duikweg “’n ernstige probleem”
Inwoners het weer kommer uitgespreek oor die stand van die duikweg in Boy Louwstraat in Vereeniging.
VEREENIGING. – Vaalweekblad het in Junie berig oor die probleme op die pad.
Die pad is feitlik permanent onder water weens probleme by die pompstasie en die pad is in ‘n haglike toestand weens die voortdurende probleem.
Inwoners moet in die rigting van aankomende verkeer ry wanneer hulle van Steelpark af in die dorp se rigting ry, aangesien die een baan onder water is en die pad vol diep gate is.
Die baan wat oop is lyk ook nie veel beter nie.
“Voertuie word beskadig, om nie eers te praat van die risiko van ongelukke nie . Dit maak dit so onveilig om daardie pad te ry . Daar word net eenvoudig niks gedoen daaraan nie,” sê ‘n inwoner.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
