Gerda veg ‘n tweede keer teen kanker
VANDERBIJLPARK. - Raadslid Gerda Senekal, baie inwoners se steunpilaar en heldin wat munispale probleme betref, gaan vir die volgende ses weke nie kan regstaan om mense met probleme te help nie, sy moet eers op haar eie gesondheid fokus.
“Ons VF Plus kantoor bly oop en ons raadslede sal daar wees vir enige hulp wat die publiek benodig,” gee Gerda haar versekering.
Gerda het geweet daar is probleme toe sy aan die begin van die jaar begin bloed opbring het. Na toetse is sy met fase 1 kolonkanker gediagnoseer en is sy reeds sedert Februarie vir die tweede keer in haar lewe in ‘n kankerstryd.
Sy ontvang reeds sedert Maart 2023 Targeted Radiation terapie en moet nou verdere chemo behandeling kry vir die kwaadaardige gewasse.

Haar dokter is egter positief dat hierdie soort kanker redelik oorwinbaar is, mits dit vroeg opgetel is soos in haar geval. Gerda was in laat 2018 met ovaruim kanker gediagnoseer. Sy het in Januarie 2019 ‘n totale histerektomie gekry.
Tydens dié operasie was daar egter ‘n fout begaan en is haar dunderm raak gesny. Sy moes twee weke na die operasie terug hospitaal toe vir ‘n nood prosedure, waartydens daar gevind is dat haar blindederm ook nog gebars het en haar hele liggaam vergiftig het.
Daar moes 20cm van haar dunderm uitgesny word. Na drie weke van ICU en ‘n verdere twee weke se herstel in die hospitaal kon sy uiteindelik ontslaan word.
“Na afloop van die operasie moes was ek vir ‘n rondte chemo gaan vir die ovarium kanker en daarna moes ek elke jaar gaan vir die normale toetse. Dit het goed gegaan tot aan die begin van 2023,” vertel Gerda.
“Ek is dankbaar die nuwe kanker is vroeg gediagnoseer. Ek het deur gedruk sover ek kon, maar moet nou tyd vat om na myself te kyk,” sê Gerda.
* Vaalweekblad wens rdl. Senekal spoedige beterskap toe en weet sommer dat sy in inwoners se gebede opgedra sal word.
