Ondanks puik wondsorg moet Awie se linkerbeen nou ook geamputeer word
Die gesin probeer dringend geld insamel sodat hy die operasie privaat kan laat doen omdat Baragwanath tans nie plek het om hom op te neem nie
Vaalweekblad-lesers het mnr. Awie Esterhuizen (71) leer ken toe sy regterbeen in September 2022 geamputeer moes word weens komplikasies wat ingetree het as gevolg van gangreen. Dieselfde toestand het kort daarna ook na sy linkervoet uitgebrei en in Januarie vanjaar is ‘n gedeelte van sy voet ook afgesit.
Die operasiewond het die afgelope maande mooi begin herstel danksy uitstekende weeklikse wondsorg by Emfuleni Mediclinic. Die voet het ongelukkig nou oornag versleg omdat ‘n aar wat tydens ‘n operasie in sy been ingeplaas is om bloed aan die voet te voorsien, skielik verstop geraak het. Awie se dogters het hom terugeneem na die Baragwanath-hospitaal, waar ‘n dokter verlede week die slegte tyding gegee het dat sy linkerbeen nou ook dringend bokant die knie geamputeer moet word. Ongelukkig is daar tans nie plek by Bargwanath-hospitaal om Awie op te neem vir die operasie nie. Tyd is nou van die grootste belang, en Awie se gesin probeer om geld in te samel sodat hy die operasie so gou as moontlik by Cormed in Vanderbijlpark kan laat doen.
Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak vir Awie se operasie, kan dit inbetaal by:
CJ ESTERHUIZEN
NEDBANK
SPAAR REKENING
REKENING NO: 27 48 430 697
Enige bydrae, hoe gering ookal, sal geweldig waardeer word.

WAARSKUWING: DIE FOTO’S HIER ONDER TOON DIE WONDE AAN AWIE SE VOET. DIT KAN SENSITIEWE LESERS ONTSTEL. MOENIE VERDER AFROL AS JY NIE NA FOTO’S VAN BESERINGS OF WONDE WIL KYK NIE.

