Local newsNewsNews

Hamlet, The Tempest en Macbeth by die ERT

Na 'n hewige storm, roer drie hekse die pot, terwyl die prins in 'n totale depressie 'n spook soek. Is dit nou of is dit nou nie? Kom kyk self.

SASOLBURG. – William Shakespeare. Noem net die befaamde skrywer se naam en generasies Afrikaanssprekendes lyk of hulle wil huil.

Jaar na jaar is een of meer van The Bard (soos hy ook bekend staan) se verhoogstukke deel van die voorgeskrewe werke waardeur leerders moet worstel.

Dis die Engels waarin die man geskryf het. Moeilik op die oor en swaar op die oog.

Selfs vir Engelssprekendes, wat nog te sê van ons wat op koffie en boerbeskuit grootgemaak is.

Kyk mens egter verby die hogere ou Engels en die feit dat dit voorgeskryf is en dus ‘n moet is. (Ons almal weet hoe rebels kan ons raak oor ʼn moet.) Dan kan sy werke steeds vandag sommer so direk in jou siel inpraat.

Korrupsie, moord, jaloesie, gierigheid, liefdesdriehoeke, verraad, oorlog, komedie, tragedie – dink daaraan en jy gaan dit êrens in sy werke kry.

Dis wanneer ons so met ʼn Shakespeare boek in die hand sit wat ons gewoonlik een baie belangrike punt vergeet.

Shakespeare was ʼn dramaturg. Sy werke was nie bedoel om gelees te word nie, maar om opgevoer te word.

Dis een ding om dit te lees, maar om daardie woorde voor jou oë te sien lewe kry, vervoer jou geheel na ʼn ander dimensie.

Wat nog te sê as mens kan sien hoe voer The Royal Shakespeare Company van The Bard se eie tuisdorp, Stratford-upon-Avon dit op? Met moderne kinkels in die kabel?

Dis presies wat die gehoor (bedoel vir skole maar almal is welkom) kan verwag by die Etienne Rousseau Teater se Shakespeare on your doorstep wat die maand afskop.

Tussen 16 en 23 Augustus sal The Royal Shakespeare Company se The Tempest (2017) en Macbeth (2018) vertoon word. Terwyl Hamlet (2016) in ʼn Afrika gewaad in September op die groot skerm te sien sal wees.

Al drie verhoogproduksies is lewendig opgeneem en sal by die ERT as films vertoon word.

Vir besprekings en meer inligting besoek gerus www.ertickets.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button