Nataniël kom deel van sy wyshede in Vaal
VANDERBIJLPARK. - Nataniël aanhangers sal verheug wees oor die nuus dat hy in Augustus in die Vaal optree.
Nataniël sal vir die eerste keer in ‘n aantal jare hier optreek en die die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis, wanneer hulle op 23 Augustus by die Kompas Gemeente optree.
Dié vertoning bestaan uit splinternuwe stories, asook ‘n skatkis van musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik.
Maak gereed vir fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde, al die elemente wat jy van ‘n Nataniël-vertoning sou verwag.
Alle winste gemaak uit die vertoning is vir die June Nicholls Skool vir serebraal gestremde kinders. Die vertoning word deur die skool in samewerking met die plaaslike Sanlam-kantoor georganiseer.
Die vertoning begin om 19:00 en toegang beloop R180 per persoon. Geen toeskouers onder 15 jaar toegelaat nie.
Die June Nicholls Skool is ‘n nie-winsgewende organisasie en bestaan reeds meer as 50 jaar. Die harde realiteit is dat die skool spesiale funksies soos die moet aanbied en afhanklik is van die gemeenskap se ondersteuning om sy deure te kan oophou.
Vir party van die kinders wat by die skool versorg word is daar geen ander heenkome nie. Dit sal werklik tragies wees as ‘n skool soos dié sy deure moet sluit.
Besprekings
Aanlyn besprekings kan gedoen word deur die Quiket link: https://www.quicket.co.za/events/226434-natanil-in-concert/?ref=events-list#/ of maak kontak met Cecile deur jou naam en selfoon nommer te stuur na cecile.verreynne@sanlam.co.za. Cecile sal die bankrekening nommer stuur vir betalings.
