Local newsNewsNews

200ste Meyerton parkrun Saterdag gehou

Die 200ste Meyerton parkrun word Saterdag 12 Augustus by die Meyerton-sportklub gehou.

MEYERTON. – Die gewilde parkrun wat weekliks tientalle mense lok was een van die eerste parkruns in die Vaaldriehoek en is steeds gewild onder inwoners.

Die heel eerste Meyerton parkrun is op Saterdag 18 November 2017 gehou en het 859 mense gelok.

Sedertdien is die gratis 5km-wedloop wat deur ‘n span vrywilligers aangebied word ‘n weeklikse instelling op Saterdae onder atlete, drawwers en stappers.

Die eerste Meyerton parkrun is in November 2017 gehou. Die parkrun lok steeds weekliks tientalle atlete, drawwers en stapper. Foto: Facebook/Meyerton parkrun
Shirley en Stella moedig atlete by die Meyerton parkrun aan. Foto: Facebook/Meyerton parkrun

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button